Kreits

Kaart van die Heilige Romeinse Ryk met die kreitse in die tweede helfte van die 16de eeu.
Keiser Maksimiliaan I teken die kreitse op 'n landkaart. Die tekening dateer uit 1711.

'n Kreits (Duits: Reichskreis) was 'n regionale groep state binne die Heilige Romeinse Ryk. Die kreitse is aan die begin van die 16de eeu tot stand gebring tydens die Rykshervorming. Dit het bly bestaan tot die einde van die Ryk in 1806. Die bestuur van 'n kreits is uitgevoer deur die "kreitsdag" (Kreistag).

Die kreitse was onder andere verantwoordelik vir die handhawing van die vrede en die uitvoering van die uitsprake van die "rykshofraad" en die "rykskamergereg".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search